Welkom by Huisgenoot se
Klop die Skaal-program!
Dié gesonde eet- en oefenplan is spesiaal deur kenners vir vroue saamgestel om
daai ekstra vetjies af te skud én weg te hou. Die eetplan is maklik en
bekostigbaar, terwyl jy die oefeninge in die gerief van jou eie huis kan doen.
Dit neem 12 weke, en die volledige eet- en oefenplan kos slegs R495.
Sê koebaai vir die kilo’s!
Wat is als ingesluit?
- ’n Oefenplan van 12 weke waarmee jy vet kan verbrand en jou spiere kan definieer;
- Maklike oefeninge wat jy in ’n japtrap kan doen – tuis en met min toerusting;
- Video-voorbeelde van al die oefenbewegings; en
- ’n Aanpasbare eetplan van 12 weke wat jou versadig hou, bekostigbaar is en die vetjies op ’n gesonde manier laat wegsmelt.
Hoe werk dit?
Volg die oefen- en eetplan vir 12 weke getrou en jy kan tot 1 kg per week afskud. Jy het nie ’n app nodig nie – net ’n rekenaar of foon met internettoegang.
OEFENPLAN
Die program bestaan uit 3 fases van 4 weke elk – jy kry eers die oefeninge onder die knie, voor die intensiteit toeneem in die tweede en derde fase.
Die weeklikse oefenroetines gaan elk twee keer herhaal. Week 1 en 3 se oefensessies is byvoorbeeld dieselfde, terwyl week 2 en 4 ooreenstem, ensovoorts.
EETPLAN
Die dieet is volgens ’n spesifieke kilojoule-telling uitgewerk en bestaan hoofsaaklik uit proteïene, koolhidrate en vette – kos wat jou energie gee en versadig laat voel.
Volg die eetplan nes dit is, of gebruik die ruillys om dit aan te pas volgens wat jy in die yskas het of waarvoor jy meer lus is.
Die eetplan strek oor 4 weke en word 3 keer oor die tydperk van 12 weke herhaal. Jy kan dus niebederfbare produkte in groot maat aankoop.
Ontmoet die kenners
JOU AFRIGTER
ANEEKA BUYS
Aneeka is ’n persoonlike afrigter wat glo oefenbewegings moet natuurlik, energiek en pret wees. “Ek hou daarvan om mal, saamgestelde bewegings, hoë-impak-oefeninge soos om te spring, en ’n paar intervaloefeninge met ’n hoë intensiteit in te werk, sodat jou hart lekker klop. Dit sorg vir ’n sterk, soepel lyf wat tot enigiets in staat is. En die bonus? Jy lyk so goed as wat jy voel!”
JOU DIEETKUNDIGE
CAREY ANNE SEADY
Carey het onder meer ’n meestersgraad in voeding en dieetkunde. “Ek glo in gebalanseerde eetplanne wat op wetenskaplike beginsels en die individu se hele leefstyl gegrond is.”